MOSSELBAAI NUUS - Die lewe loop soms interessante draaie en dit is beslis die geval vir Maritza Swanepoel en haar vriend, Leonard Kleynhans.
Maritza en Leonard het hulle eerste skooldag en skoolloopbaan saam in 2006 by die Laerskool Pietersburg-Oos in Polokwane, begin.
Die tweetjies is ewe spoggerig saam op 'n foto wat van hulle op die eerste skooldag geneem is.
Volgens Maritza se pa, Gerhard, het beide gesinne egter verhuis. Toevallig het hulle weer vir Martiza se graad 8-jaar op Mosselbaai kom woon, nes Leonard en sy gesin.
Die twee vriende het onlangs saam met hulle eindeksamen by die Hoërskool Punt begin.
Maritza en Leonard in graad 1.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'