Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Graad 12-leerders en graad 7-leerders in die Mosselbaai gebied het vanoggend op dag 67 van die nasionale inperking met skool begin.
Onderwysers het reeds van vroeg af gereed gestaan met registers en vraelyste wat deel maak van die siftingsproses waaraan alle leerders voortaan sal moet deelneem.
Op Groot-Brakrivier by die Sekondêre Skool het leerders voor die skoolhek aangetree, almal met gesigmaskers op. Leerders is verwelkom na die “nuwe normaal” en moes eers hul koors laat neem, voordat hulle vrae moes beantwoord.
Graad 12-leerder, Roche Meyer het aan die Mossel Bay Advertiser gesê dit is nie maklik om heeldag met ‘n gesigmaker by die skool te wees nie. Sy het egter gesê sy is bly om weer met skool te kan begin.
Skole op Mosselbaai het klasse verdeel sodat daar minder leerders in ‘n klas is en daar dus sosiale afstand gehandhaaf kan word.
Leerders word aangemoedig om ‘n afstand van minstens 1,5m te handhaaf.
Kyk video's hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'