GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Laerskool Vorentoe het op 8 April hulde gebring aan die Kindersorg op Groot-Brakrivier.
Die leerders het die ervaring as spesiaal beskryf. 'n Leier by die skool het aan mede-leerders sy verhaal van aanneming vertel en hoe dit sy jong lewe verander het.
Die werknemers by Kindersorg op Groot Brak het ook elkeen 'n geskenk ontvang met 'n simboliese betekenis.
Hulle het elk 'n kers gekry wat die lig wat hulle in kinders se lewens bring verteenwoordig, ook 'n goue sjokolade muntstuk, omdat dit wat hulle vir kinders doen belangriker is as goud en 'n sjokolade, sodat hulle so af en toe 'n ruskansie vat.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'