KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Klein-Brakrivier VLV nooi alle lede en gaste uit na hul volgende byeenkoms wat vandag, 29 Maart om 10:30 tot ongeveer 12:00 in die Reebok-gemeenskapsaal plaasvind.
Hierdie keer is die leefstylbyeenkoms onder leiding van sameroeper Retha Nagel, aan die beurt. Retha gaan die basiese beginsels van weef bespreek en demonstreer.
Plastiekproppies kan vir herwinning afgegee word en onthou kleingeld vir lootjies. Een van die lootjies vir hierdie byeenkoms is 'n pragtige handgemaakte lappop, ideaal vir jou kleindogter.
Gaan kuier saam as 'n gas teen R30 per persoon met koffie/tee ingesluit of sluit gerus aan. Jaargelde vir nuwe lede is slegs R240.
"Gooi gerus jou skêr, liniaal, A6 grootte kartonnetjie, katoentou en stopnaald met afvalwol in jou mandjie en kom speel saam," nooi Retha.
Vir meer besonderhede oor leefstyl-aktiwiteite of om bywoning te bevestig, kontak vir Retha Nagel (072 281 3545).
Vir meer inligting oor al die bedrywighede van die Klein Brak VLV-tak of om aan te sluit, kontak Lynette (083 448 5548).
'Ons bring jou die nuutste Klein-Brakrivier, Tuinroete nuus'