MOSSELBAAI NUUS - Hannes Visser, redakteur van die Oudtshoorn Courant, bekroonde kortverhaal- en rubriekskrywer, kom kuier op 24 Augustus in Mosselbaai. Hierdie keer nie om sy pas vrygestelde digbundel, Die jaar toe pa... te bespreek nie, maar om 'n werksessie in die skryf van kortverhale aan te bied.
Die werksessie is vanaf 09:00 tot 14:00 en koste beloop R250. Dit sluit koffie en 'n ligte verversing in. Ligte middagete beskikbaar op bespreking. Alle notas word verskaf.
Temas wat bespreek sal word: raak kreatief; hoe om 'n tema en karakters te kies; hoe om die leser te boei; moontlikhede vir publikasie; die debat oor uitgewers vs selfpublikasie (voordele en slaggate); praktiese oefeninge.
Die werksessie is geskik vir 10 persone en word aangebied by die Monroe Teater.
Besprekings kan gedoen word by Hannes Visser (083 467 1522).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'