Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO'S - Leah-Rose van Staden, van Mosselbaai, is twee jaar gelede gebore, met 'n regterbeen wat nie ontwikkel het nie, waarvan 'n gedeelte later geamputeer is.
Die vingers aan beide handjies het ook nie volledig ontwikkel nie.
Die toestand word amniotiese band-sindroom genoem wat beteken dat die naelstring wat die amniotiese vloeistof bevat om haar liggaam gedraai het en veroorsaak het dat die been nie ten volle ontwikkel het nie.
'n Gedeelte van die been moes geamputeer word. Vandag was daar groot opgewondenheid by die Barkley Oates Mediese sentrum in George, waar Daniella de Jager, prototis,'n toetsbeen vir haar aangepas het.
Volgens De Jager, gaan Leah-Rose vir 'n week of so die beentjie uittoets en dan gaan hulle finale verstellings maak. Sy gaan dan vir 'n paar maande met die prostese loop, totdat sy lank en oud genoeg is om 'n prostese-knie onder die been te kry.
Leah-Rose het sommer vinnig met die hulp van 'n loopraam, wat help met balans, begin stap. Haar ouers Reagan McBean en Lenor van Staden, sê hulle het bykans drie jaar gewag om skoentjies aan beide Leah-Rose se voete te sien.
"Die vreugde op haar gesiggie maak dit 'n wonderlike dag vir ons in haar lewe". Die kunsbeen word aangepas soos sy groei en groter raak.
VERSKAFDE VIDEO - Leah-Rose ontvang protese (Video: Dexter Brinkhuis - Dynasty Media).
VERSKAFDE VIDEO - Leah-Rose loop met die hulp van 'n loopraam(Video: Dexter Brinkhuis - Dynasty Media).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'