MOSSELBAAI NUUS - Laerskool Park se leiers vir 2021 is op Maandag, 22 Februarie, tydens ‘n spoggeleentheid as volwaardige prefekte ingehuldig.
Oud-Parkie, Riaan Celliers, wat 'n hoofseun van Hoërskool Punt was, het die leerders kom toespreek.
Die nuwe leiers het hul prefekbaadjies en prefekbalkies ontvang.
Die vier hoofleiers is (voor) hoofmeisie Suzaan le Roux, hoofseun Rossouw Gericke, (agter) onderhoofmeisie Miëtte Steenkamp en onderhoofseun Walter van Rensburg.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'