MOSSELBAAI NUUS - Die Van Riebeeck Sportgronde was van vroeg vanoggend in rep en roer waar laerskole mekaar die stryd aangesê het met die jaarlikse Interskole atletiekbyeenkoms.
Kinders het gretig aan langafstande, naellope, hekkies, verspring en diskusgooi deelgeneem.
Die laerskole wat deelneem sluit in Diaz Primêr, Erika Primêr, Curro Mosselbaai, Laerskool Vorentoe, Larskool St Lukes, Laerskool St Blaize, Laerskool Garden Route, Laerskool Hartenbos, Mosselbaai EK Primêr, TM Ndanda Primêr en Laerskool Denneprag.
Atlete wat aan die hekkieswedlope deelneem. Foto: Gabriélla Siebritz
Atlete is oral opgemerk waar hulle opgewarm het in stille afwagting om aan hul spesifieke items deel te neem.
Sien meer foto's hier:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’