MOSSELBAAI NUUS - Bekende militêre veteraan, aktivis teen kanker en 'n geliefde in Mosselbaai, Lloyd Calitz (81), is op Woensdag, 7 Oktober oorlede.
Calitz, bo en behalwe 'n legendariese figuur in militêre kringe, was saam met sy vrou, Alida, beide as kankeroorwinnaars toegewyde ondersteuners en vrywilligers van Kansa.
Sy gedenkdiens word vandag, 16 Oktober om 14:00 in die ATKV amfiteater in Hartenbos gehou.
Militêre veterane word versoek om hulle assosiasiedrag met medaljes te dra.
Die militêre veterane-eerbewys word gedoen deur die SA Weermagvereniging en die SA Infanterievereniging.
In geval van gure weer, skuif die verrigtinge na die ATKV Walvissaal.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'