Na ‘n formele geheime stemproses is raadslid Petru Terblanche (DA) aangewys as speaker. Na die formele agenda afgehandel is, hel elk van die dienende raadslede ‘n kort spreekberut gekry. Talle van die raadslede wat nie weer in die 2016 plaaslike owerheidsverkiesing verkiesbaar is nie, het met wyse woorde hul opvolgers sterkte toegewens, en veral die ‘ouer’ garde, wat uittree, is gemoedelik sterkte toegewens met hul ‘aftrede’.
Vir die Uitvoerende Burgemeester, raadsdame Marie Ferreira, wat na ‘n roemryke loopbaan in plaaslike owerheid die tuig op 2 Augustus sal neerlê, was dit ‘n bittersoet dag – enersyds wink die vooruitsig om meer tyd vir haar familie beskikbaar te hê, maar andersyds, beken sy, sal die die opwinding en adrenalien van die munisipaliteit en al die baie uitdagings wat oor haar pad gekom het, mis.
“Dankie veral vir die laaste vyf jaar, hier was ons ‘n wonderlike span wat baie uitdagende ty een problem die hoof gebied het. Mag die nuwe raad na die Augustus verkiesing voortbou op die sterk fondasies wat hier gebou is,” het sy gesê.
