Video
HERBERTSDALE NUUS EN VIDEO - Die jaarlikse Herbertsdale Oktoberfees wat deur die NG kerk Herbertsdale op Saterdag 19 Oktober aangebied is, het uit sy nate gebars met kos en vermaaklikheid uit die boonste rakke.
'n Gunsteling elke jaar is die afval en daar was seker gemaak dat daar genoeg was van die smulhappie.
Vir die wat nie van die ongewone kossoorte hou nie, was daar ander geregte in oorvloed.
Met 'n orkes wat boeremusiek in die agtergrond speel, skep dit 'n lekker atmosfeer.
Kyk 'n video hieronder:
Die jaarlikse fees lok honderde besoekers van oral na die plaas van Elof Muller, sowat 10km voor Herbertsdale.
Een van die hoogtepunte was die vleis wat te koop was teen spotgoedkoop pryse.
Ander produkte soos groente en groente en vrugte was baie gesog onder die besoekers en was teen billike pryse beskikbaar.
Maak dus seker dat jy nie die volgende fees misloop.
'Ons bring jou die nuutste Herbertsdale, Tuinroete nuus'