MOSSELBAAI NUUS - Die KwaNonqaba-polisiestasie se bestuur het die A-span onder leiding van ao Ulrich Robertson, geloof vir twee inhegtenisnames wat onlangs uitgevoer is.
Tydens die eerste insident is twee mans (45) en (19) gearresteer vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie nadat inligting uit die gemeenskap ontvang is.
Die mans het Vrydag, 7 Oktober in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op die aanklagte.
Tydens die tweede insident waarby die A-span betrokke was, is 'n verdagte wat vir roof gesoek is, deur die persoon wat die klag gelê het, aan die polisie uitgewys.
Die A-span het die verdagte agterna gesit en 'n 36-jarige man is gearresteer. Die man is aangekla van roof en het op Vrydag, 7 Oktober, in die Mosselbaai-landdroshof verskyn.
Enige lid van die publiek wat inligting oor enige van die sake het, kan sers Links by (044 606 5633) skakel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'