MOSSELBAAI NUUS - Tydens die onlangse byeenkoms van die St Blaize Naaldwerkgilde, het Ina Smit van Bernina vir die lede kom wys hoe kreatief klein stukkies afvallappies aangewend kan word om die mooiste kunswerke te skep.
Ina het die lede opnuut geïnspireer om al die stukkies lap wat oral ingedruk is, uit die kaste te krap en dit nuttig aan te wend en sodoende hulle kreatiwiteit vrye teuels te gee.
Indien jy belangstel om by die naaldwerkgilde betrokke te raak is jy meer as welkom om die volgende byeenkoms in die Hartenbos-biblioteeksaal op 16 Augustus om 09:00 by te woon.
Navrae kan gerig word aan Giesela (083 709 9808).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'