MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Sao Bras se o/19 eerste krieketspan het goed gevaar en die uitspeelrondes van die SWD T20 o/19-skolekompetisie vir die 2018/19-seisoen gehaal.
Die span het verlede kwartaal vasgeval in die semi-finaal teen Bridgton Regional Performance Centre van Oudtshoorn.
Die span het egter weer eens die afgelope seisoen bestendig gevaar en goeie vertonings opgelewer.
Drie jong krieketspelers van Hoërskool Sao Bras, Ravin-lee Kemmies, Uston Michaels en Geon Burns, het gedurende die Maart-skoolvakansie die SWD RPC o/16-span verteenwoordig en het uitgeblink vir die span. Geon Burns was ook die kaptein van SWD RPC o/16-span en was een van die voorste lopiemakers vir die span.
Hy het die besonderse prestasie behaal en is opgeneem in die Standard Bank SA RPC o/16-span en is ook aangewys as kaptein.
Hierdie spelers is ook verbonde aan D'Almeida Hub in Mosselbaai, 'n ontwikkelingsentrum vir skolekrieketspelers.
Hoërskool Sao Bras se o/19 eerste krieketspan het 'n goeie seisoen gehad.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'