MOSSELBAAI NUUS - Die Kreatiewe Damesgroep van Hartenbos bied op Donderdag, 2 Maart 'n interessante geleentheid aan waarna hulle alle belangstellende vroue uitnooi.
"Wil jy weet wat om te doen om jou eie veiligheid by jou huis te verseker? Wil jy meer weet wat die buurtwag vir jou kan doen?"
"Kom luister na Philip Matthee en vra gerus jou vrae. Hy help graag en vertel jou meer van wat hulle vir ons almal doen," nooi Heleen Coetsee van Kreatiewe Dames van Hartenbos.
Die geleentheid begin om 09:00 en vind in die binnehof van die NG Kerk Hartenbos plaas. Vir navrae kontak Heleen (082 454 5724).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'