MOSSELBAAI NUUS - Die insameling van Kersfees-kosemmers deur verskeie militêre groepe en organisasies, vind al vir 'n paar jaar lank plaas en staan oud-soldate en hul families by.
In die Suid-Kaap, met spesifieke verwysing na Mosselbaai, is dit plaaslik deur Sit Ras, met die hulp van ander plaaslike veterane van stapel gestuur.
Op Mosselbaai word Die Oud-Soldate Skouerskuur elke laaste Woensdag van die maand gehou vir alle lede van die weermag en polisie.
Die byeenkoms is deur Ras geïnisieer en word sedert Julie 2023 by Brinkley's op Klein Brak gehou. Dit is 'n informele kuier vir veterane en genooides.
Sit Ras, Dirk Kotzé, Anla van Schalkwyk, Hennie Homann, Hensie Engelbrecht en Joek Ehlers.
Daar is vanjaar in totaal 43 kosemmers deur die veterane geskenk. Die kospakkies sal aan hulpbehoewende militêre veterane in die Suid-Kaap omgewing geskenk word.
Die Dias eenheid van die SA Weermag Vereniging en spesifiek die eenheid se adjudant, Anka van Schalkwyk, sal die aansoeke om hulp en die toekenning van die kosemmers volgens 'n formele kwalifiseringslys hanteer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’