MOSSELBAAI NUUS - Solidariteit Helpende Hand se Kosblikkieprojek het onlangs die eerste aflewering van Nutrilite se Little Bits-produk ontvang.
Hierdie produk sal deur die 10 streke na sowat 8 000 kleuters, wat deel is van dié projek, versprei word.
Die Little Bits produk-verskaf 15 noodsaaklike vitamiene en minerale vir kinders van die ouderdom van ses maande tot vyf jaar – dit in 1g-sakkie. Hierdie mikrovoedingstofpoeier is ontwerp deur Nutrilite in ooreenstemming met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se riglyne om wanvoeding onder kinders in die ouderdomsgroep ses maande tot vyf jaar te beveg.
Die skenking is moontlik gemaak deur die vennootskap met Headstart Kids, nie-winsgewende organisasie wat fokus op optimale kinderontwikkeling. Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Helpende Hand sê dat die Little Bits-produk die Kosblikkie-projek na volgende vlak voer.
"Die Little Bits-produk sal vir ‘n tydperk van drie tot vier maande as aanvulling tot die kos wat ons reeds aan die kleuters verskaf, gegee word,” voeg Noëth by.
Volgens die WGO het wanvoeding die onderontwikkeling van kind se brein en liggaam tot gevolg en dit maak hulle vatbaar vir siektes. Verder veroorsaak wanvoeding dat 3 miljoen kinders jaarliks voor hul vyfde verjaarsdag sterf. Lily Geerdts, uitvoerende hoof van Headstart Kids sê dat Little Bits donasie van $10 per kind per maand is en dit word moontlik gemaak deur Amway se Power of 5-veldtog.
“Wanneer ons vennootskap begin om die Little Bits-produk te versprei, moet dit vir minstens vier maande deur die kinders gebruik word. So kan die kind regtig voordeel trek uit die mikronutriënte,” verduidelik Geerdts.
“Wat my van die Little Bits-produk beïndruk het, is dat die resultate in die eerste ses maande 93%-afname in ystertekorte en 40%-afname in onderontwikkeling toon. Dit is belangrike komponente vir kind om optimaal te funksioneer.
“Die Little Bits wat nou aan kleuters van die Kosblikkie-projek verskaf gaan word, is wonderlike aanvulling tot die bord kos wat ons daagliks aan hulle verskaf. Nou kan ons verseker wees dat die magies nie net vol is nie, maar dat die kinders die nodige vitamiene en minerale inkry wat hulle nodig het om te groei en te leer,” sê Margole Riekert, projekorganiseerder van die Kosblikkie-projek.
Die ontvangs van die Little Bit-produkte by Solidariteit Helpende Hand se Ons Sentrum in Pretoria-Noord. Van links is Nandi Twala, Lily Geerdts, Hannes Noëth, Mary Shuttleworth, René Roux en Margolé Riekert.
Kartonboks Little Bits. Só boks is genoeg om kleuter vir maand van mikronutriënte te voorsien.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'