MOSSELBAAI NUUS - 'n Ligte vragmotor vir die verskaffing van mobiele toilette en die skoonmaak daarvan se bestuurder het konsternasie veroorsaak toe hy Maandagmiddag, 3 Februarie, oor die spoorlyn in Reebok probeer kortpad vat en toe gevolglik vasgesit het.
Die Diaz Express wat vol toeriste op die spoorlyn was, moes vir 'n geruime tyd stop en wag vir die vragmotor om uit die pad te probeer kom.
Die toeriste is later per bus terug vervoer sodat hulle nie hul bespreekte vlugte verpas nie.
Op die toneel, het nooddienswerkers 'n plan beraam om die vragmmotor van die spoor te verwyder. Ten einde raad, is 'n grondverskuiwingsvoertuig teen laatmiddag omstreeks 16:00 gebruik om die vragmotor van die spoor te verwyder.
Toeriste op die Diaz Express sit gestrand op die spoorlyn aangesien 'n ligte vragmotor in hulle pad was. Foto: Wessie van der Westhuizen
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'