MOSSELBAAI NUUS - Kansa in samewerking met die ATKV bied weer die jaarlikse Koppie vir Kansa op 27 Maart om 10:00 in die ATKV Skoffelskuur aan.
Die gaskunstenaar vir die oggend is die sanger Neels Moir, bekend vir sy musikale veelsydigheid en die gasspreker is plaaslike skrywer, Marlize Swart.
"Vanjaar gaan ons behoorlik kuier en gesellig wees," beloof Minette van Zyl van Kansa.
Kansa is op soek na nog ‘n paar gasvroue wat bereid sal wees om ‘n tafel van 10 te dek en te versier asook ‘n soet eetding te verskaf. 'n Soutskottel (platter) word deur Na Donker-restaurant verskaf. Gasvroue sal ook die kaartjies vir sitplekke aan haar tafel moet verkoop.
Korporatiewe instansies word uitgenooi om betrokke te raak en hulle vrouekliënte te bederf met ‘n kaartjie vir hierdie spoggeleentheid. Kaartjies om die oggend by te woon is beskikbaar by en navrae kan gerig word aan Minette van Zyl (mvzyl@cansa.org.za of 082 443 3601) of aan Karen Phipsen (044 601 7222).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'