MOSSELBAAI NUUSFLITS - Omstreeks 16:50 vanmiddag was twee voertuie, na wat verneem word ‘n blou Kaapstad-geregistreerde motor en ‘n grys Mosselbaai-geregistreerde motor tussen Mosselbaai en Albertinia in ‘n botsing betrokke.
Volgens terugvoer blyk dit dit was ‘n kop-teen-kop botsing met ernstige gevolge, hoewel geen verdere detail op hierdie stadium van die polisie beskikbaar is nie.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar is.
Die ongelukstoneel vanmiddag.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'