TUINROETE NUUS - Die 52 koorlede van die Suid-Kaap Kinderkoor het gedaan na die busrit uit Gauteng en sommige lekker olik van die verkoue, maar triomfantlik teruggekeer van die tiende Wêreldkoorspele wat in Pretoria aangebied is.
Vanjaar is hierdie gesogte kompetisie, bekend as die Olimpiese Spele van vir kore, vir die eerste keer in Afrika aangebied.
Die Suid-Kaap Kinderkoor het weer eens hulle staal gewys en teruggekeer huis toe met twee silwermedaljes. Boonop is hulle optredes met staande ovasies beloon, asook talle komplimente vanaf almal wat hulle hoor sing het.
"Nou mik ons vir goud in België 2020," het die koorleier, Jan-Erik Swart in 'n gelukwensingsboodskap aan die ouers gesê.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'