MOSSELBAAI NUUS - ACVV Kenani-dienssentrum vir ouer persone benodig dringend twee rekenaars om hul administratiewe take te kan verrig.
Die rekenaars wat hul tans het is nie Windows 10-vriendelik nie en die huidige programme is nie opgradeerbaar nie.
ACVV Kenani sal baie bly wees as die rekenaar/s reeds die Windows 10-program op het of anders moet die rekenaar se hardeskyf groot genoeg wees om Windows 10 te kan hanteer.
Kontak mev M Lategan (044 690 3204) vir verdere inligting.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'