MOSSELBAAI NUUS - Verskeie klagtes word deesdae op sosiale media waargeneem en die gemeenskap praat ook onder mekaar oor kontrakteurs wat die optiese veselkabel in Mosselbaai installeer.
Van die klagtes sluit in swak vakmanskap met die terugplasing van materiaal, slote wat net toegemaak word of lank net so staan en gedeeltes wat na die werk gedoen is weer oopgegrawe word.
Huis- en besigheidseienaars is baie ongelukkig oor hierdie werkswyse. Verskeie kabels word boonop in die proses beskadig en die kragtoevoer na sekere huise en besighede was vir 'n tyd lank af.
Die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee het egter opdrag gegee dat die installering van optiese veselkabel in Mosselbaai gestaak word.
Die onderskeie kontrakteurs word tot en met die aanvang van die bouersvakansie geleentheid gegee om alle herstelwerk wat nog gedoen moet word, na behore af te handel.
Na verwagting sal installering weer vanaf 11 Januarie 2021 hervat word.
Voorbeelde van swak vakmanskap en uitgrawings wat nie voltooi is nie:
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'