MOSSELBAAI NUUS - Twee gewapende mans het die sekuriteitsbeamptes van 'n geldwa wat kontant by Mikeva op Mosselbaai opgetel het, op Maandag, 18 Februarie beroof.
Da Gamaskop-polisiewoordvoerder, kapt Wollie Fourie het die voorval bevestig. Fourie sê dit het om 12:00 gebeur.
Volgens Fourie het twee gewapende mans die sekuriteitsbeamptes wat kontant opgelaai het met vuurwapens aangehou en hulle van die geld beroof.
Dit is nie bekend hoeveel kontant ter sprake is nie. Fourie sê die verdagtes het in 'n wit Kia in die rigting van KwaNonqaba gevlug.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'