MOSSELBAAI NUUSFLITS - Met die Desember-toeloop van toeriste op hande, het 'n leser sy kommer uitgespreek oor die toestand van die wandelpad om die gewilde Punt-area en die veiligheid van diegene wat daarlangs loop.
Dit is veral vir persone in rolstoele moeilik om die wandelpad te gebruik weens die versperrings wat aangebring is.
Boonop bestaan kommer oor die opsigtelike tydelike aard van die versperrings wat aangebring is juis om verbruikers van die gevaarlike loopvlak weg te hou.
Die Mosselbaai-munisipaliteit het by navraag gesê skade aan die wandelpad weens stormagtige seetoestande het tot ‘n versekeringseis, wat reeds ingedien is, aanleiding gegee.
'n Assessor het ‘n geruime tyd gelede die terrein reeds besoek.
Lees meer in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'