MOSSELBAAI NUUS - Hierdie bejaarde man, met sy kombers om sy lyf, dwaal steeds elke dag tydens grendeltyd in die strate van Mosselbaai rond. In 'n stadium het hy 'n gesigmasker gehad. By navraag, het hy by wyse van gebare beduide dat hy dit verloor het. Suzette Herrer, redakteur van die Mossel Bay Advertiser het goedgunstelik vir hom een geskenk.
Hy beweeg daagliks in Marshstraat en besoek elke asblik. Hier en daar gee iemand vir hom 'n geldjie of iets om te eet.
Probeer 'n mens met hom kommunikeer, praat hy onsamehangend en beduie in 'n rigting na iets wat net hy verstaan.
Die haweloses van Mosselbaai is bykans almal geholpe by instansies hoewel daar sommige is wat verkies om steeds op straat te bly, veral om by die taxi-staanplek in Mosselbaai, te slaap. Dit is onbekend hoekom die man, wat vermoedelik versteurd is, nie in hierdie tydperk gehelp kon word nie.
Indien enigiemand meer agtergrond oor die man het, kontak Jannie du Plessis by die Mossel Bay Advertiser (082 653 2273).
Die hawelose bejaarde man word elke dag met sy kombers op die strate van Mosselbaai gesien waar hy kos in die asblikke soek. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'