MOSSELBAAI NUUS - As die karavaanparke in Mosselbaai so stil begin word met leë staanplekke, is vakansiegangers besig om stadig huiswaarts te keer.
Die verkeer het reeds ná Nuwejaar begin toeneem, en motoriste word versoek om baie versigtig te ry om jou en jou gesin veilig by die huis te kry.
Baie mense begin Maandag, 8 Januarie, weer werk na die somervakansie.
Die skole maak op 17 Januarie weer oop en heelwat vakansiegangers gebruik die laaste paar dae om nog 'n bietjie by die see uit te span.
Maak seker dat jou voertuig, karavaan, en sleepwa in 'n goeie kondisie en padwaardig is.
Veral banddruk en die ryvlak van die bande is baie belangrik vir 'n veilige tuiskoms. Rus wanneer nodig.
Tot weersiens!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’