MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai-munisipaliteit versoek alle rolspelers in die kunste wat sou belangstel om deel te neem aan ‘n beplanningsvergadering vir die Mosselbaai-kunstefees om op 13 April om 14:30 by die munisipale raadsaal, Marshstraat 101 byeen tekom.
Na afloop van hulle suksesvolle konsert in die Mosselbaai-stadsaal, het die Carpé Musicam-orkes en -koor aangedui dat hulle beslis deel van hierdie eerste vir Mosselbaai sal wees.
Die Mosselbaai-munisipaliteit beoog om op te tree as fasiliteerder vir ‘n kunstefees uniek aan Mosselbaai met die oog daarop om die plaaslike ekonomie te stimuleer.
Die beoogde datums vir hierdie fees is tans 31 Julie tot 26 Augustus. Enige persoon wat graag die vergadering sou wou bywoon word versoek om die direkteur gemeenskapsdienste, Elize Nel te kontak (044 606 5007) of die senior bemarkings- en kommunikasiebeampte, Cornelle Carstens (ccarstens@mosselbay.gov.za of 044 606 5137) om jou teenwoordigheid te bevestig.
‘n Aanlynskakel sal beskikbaar wees vir diegene wat nie in persoon die byeenkoms kan bywoon nie.
Sodanige persone moet ook hulle bywoning bevestig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’