Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Na 38 jaar diens groet lt kol Pietie Pieterse die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Hy het op Vrydag, 1 Julie by die kantoor van die Da Gamaskop-polisiesone aangekom, geklee in oorpak.
Dit was simbolies van 1984 toe hy die eerste keer as polisieman opgeroep is. Op daardie dag in 1984 is hy met oorpak en al na Dyselsdorp om ingesweer te word.
Sy familie het hom tydens hierdie simboliese aankoms vergesel.
FOTOGALERY: Kolonel Pieterse lê die tuig neer
Deur sy diensjare was hy 'n geliefde en gerespekteerde lid van die SAPD. As 'n eerbetoon aan Pieterse, het die brandweer, polisie en verkeersdienste deelgeneem aan 'n verbyrit vir Pieterse.
'n Afskeidsgeleentheid is by Delfino's Restaurant by die Punt vir Pieterse gehou. Verskeie polisie-offisiere het die geleentheid bygewoon, insluitend kapt Errol Johnson van Da Gamaskop-polisiesonekantoor asook lt kolonel Eddie Williams, bevelvoerder van die Da Gamaskop-polisie.
VIDEO - Kolonel Pietie Pieterse tree af (Video:Jannie du Plessis).
En na hy verklee het soos almal in Mosselbaai hom geken het.
Luitenant kolonel Pietie Pieterse was geklee in 'n oorpak toe hy die eerste keer as polisieman opgeroep is. Tydens sy afskeid na 38 jaar diens, het hy 'n oorpak aangetrek.
'n Laaste saluut buite die Da Gamaskop-polisiesonekantoor in Marshstraat. Fotos: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'