MOSSELBAAI NUUS - Gerugte van ‘n skietvoorval by die Hartenbos Seefront gisteraand, is onwaar.
Op sosiale media het inwoners gegons oor ‘n beweerde skietery op die wandelpad. Da Gamaskop-polisiewoordvoerder, kapt Wollie Fourie sê egter dit was slegs vermoedelik ‘n albaster wat die restaurant se ruit getref het.
“Splinters van die ruit het op kliënte wat besig was om te eet, geval. Daar was ‘n gaatjie in die ruit end it lyk of iemand ‘n albaster teen die ruit geskiet het.”
Die polisie was om 20:20 op die toneel en ondersoek ‘n saak van opsetlike saakbeskadiging.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'