MOSSELBAAI NUUS - 'n Bekende Mosselbaaier, Kobus Crous is reeds vir 'n geruime tyd in die Life Bay View Privaat Hospitaal nadat hy met Covid-19 gediagnoseer is. Volgens sy vrou, Lizelle, toon hy goeie vordering.
Hy is onlangs uit die Covid-intensiewesorgeenheid ontslaan en na die gewone intensiewesorgeenheid oorgeplaas waar hy steeds veg om te herstel.
Crous is bekend vir sy reddingsoperasies met sy helikopters en het al verskeie Mosselbaaiers in noodtoestande bygestaan.
Op Woensdag, 18 Augustus het een van Crous se helikopters verby die hospitaal gevlieg, in 'n poging om hom op te beur.
Lizelle bid elke aand omstreeks 18:00 by die venster van die hospitaal en hoop op volkome herstel.
Lizelle en haar man, Kobus Crous op die plaas Bergsig waar hulle woon.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'