Daar bestaan ongekende behoefte in Knysna na die ramp wat hulle getref het.
Twee insamelingspunte is tans geïdentifiseer vir Mosselbaai. Die Mosselbaai Munisipaliteit vra dat skenkings nie by die Mosselbaai Brandweer afgegee word nie.
Die Mossel Bay Advertiser se Oliver Twist-gemeenskapsprojek, in samewerking met ander organisasies, vra instansies en individue wat bereid is om te help om dit by die ATKV Hartenbos se Walvissaal af te gee. Die ATKV het goedgunstiglik hul saal beskikbaar gestel.
Die Mossel Bay Round Table het met Shell Voorbaai ooreengekom dat mense ook daar aflewerings kan doen. Die kontak is Gemma (064 508 7522). Die publiek word versoek om die Lucra-ingang te gebruik.
Daar is veral ‘n groot behoefte aan nie-bederfbare kos, gebottelde water, oogdruppels, troeteldierkos, matrasse en komberse, klere vir beide mans en vroue en kinders, sjokoladestafies vir energie, skoene en sokkies, en enige ander produkte wat in ‘n noodsituasie behulpsaam kan wees.
U bydrae sal ‘n lewensveranderende verskil maak aan die inwoners van Knysna wat dit werklik nodig het.
‘Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus’