MOSSELBAAI NUUS - Plaaslike skrywer en navorser, Charles Theunissen se passie vir sy dorp se geskiedenis ken geen einde nie.
Met die onlangse besoek van die gewilde TV-program Klop se span by sy woning, was hy juis in sy element gedurende die onderhoudsessies.
Hierdie is nie Theunissen se eerste verskyning op nasionale televisie nie. Reeds in die laat 1990's was hy een van die eerstes uit die Bruin gemeenskap wat op televisie verskyn het vir sy aandeel in 'n historiese projek vir die plaaslike museum.
Tydens sy televisieverskyning verlede jaar in Memorable Mossel Bay (You Tube), deel hy egter 'n groter historiese bydrae van Mosselbaai met die kykers.
Hierdie keer het hy die Klop-span saam geneem op 'n "Down memory lane trip" waaroor hy nie wil uitwei nie. Vir eers moet dit 'n verrassing wees vir die kyker. Die Mossel Bay Advertiser sal die lesers op hoogte hou wanneer Theunissen sy verskyning op die kassie sal maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’