MOSSELBAAI NUUS - Hartenbos Bejaardesorgdiens het op Vrydag, 20 Maart die beheer van die Sonskynvallei-kleuterskool amptelik aan 'n onafhanklike beheerraad oorgegee.
Volgens ds Dawid de Wet, voorsitter van Hartenbos Bejaardesorgdiens bly dié skool 'n program van Badisa en sal hulle steeds die gemeenskap van Sonskynvallei dien.
Die oorhandigingsplegtigheid is deur die burgemeester van Mosselbaai, raadsheer Harry Levendal bygewoon. Hy het ook as die geleentheidspreker opgetree.
Dominee De Wet het die beheer seremo-nieël aan mnr Winston Harris, nuwe beheerraadsvoorsitter van die kleuterskool oorgegee. Hartenbos Bejaardesorgdiens wens die nuwe beheerraad alle strekte en voorspoed toe met die taak wat hul opgelê is.
Ds Dawid de Wet (links) gee die beheer seremonieël aan mnr Winston Harris, nuwe beheerraadsvoorsitter van die kleuterskool oor. Regs is ie burgemeester van Mosselbaai, raadsheer Harry Levendal. Foto's: Grey Stopforth
Die nuwe beheerraad van Sonskynvallei-kleuterskool.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'