GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Little Einsteins Dag- en Nasorg, onder leiding van eienaar en skoolhoof Isobel Vermeulen, was vir die afgelope 10 jaar die trotse gasheer van die jaarlikse kleuter-atletiekbyeenkoms op Groot-Brakrivier.
Vanjaar se opwindende byeenkoms het op Saterdag, 1 Maart, plaasgevind by Pine Creek Vakansieoord, waar 170 kleuters vol entoesiasme aan verskeie atletiek-items deelgeneem het.
Vyf kleuterskole - Little Einsteins, Diepkloof PrePrimêr, Plaasjapies, Laerskool Vorentoe Pre-Primêr en Little Mouse - het saamgespan vir ’n dag vol sport, pret en spanbou.
Foto-galery: Kleuter-atletiek groot sukses
Oud en jonk het ook heerlik gesmul aan die kos van die stalletjies, moontlik gemaak deur ruim borge. Al die borge word hartlik bedank.
Die jong atlete het met geesdrif deelgeneem aan verskeie pret- en veld-items, terwyl ouers en onderwysers hulle luidkeels ondersteun het.
Dié jaarlikse geleentheid bly 'n hoogtepunt op die kalender, waar sportmangees en vroeë kinderontwikkeling die vroeë ontwikkeling vir die toekoms lê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’