MOSSELBAAI NUUS - Die leerdertjies van Pniël-bedieninge in Aslapark se crèche het Donderdag groot pret gehad toe hulle op 'n Valentynsdagpiekniek in die Harry Giddey-park was.
Die ouers het hulle kleingoed getooi in die fraaiste rooi en wit uitrustings en die kinderlaggies het deur die park ge-eggo terwyl daar gespeel en rondgehardloop is.
Die Garden Route Casino het koeldrank en worsbroodjies vir die uitstappie geskenk, terwyl die ouers self geld ingesamel het om vervoer te kan bekostig.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'