Gallery
GROOT BRAKRIVIER NUUS - Dis belangrik dat kinders van 'n vroee ouderdom blootgestel word aan moontlik loopbaankeuses.
Groot-Brakrivier Primêre Skool se graad R-leerders het daarom 'n beroepsweek by die skool gehad.
Konstabel Laurianne Botha, kommunikasiebeampte van die Groot-Brakrivier-polisiestasie het met die kleinspan gesels oor wat 'n polisielid se werk behels.
Fotogalery: Groot Brak Primêr hou loopbaandag
"Ons het ook gepraat daaroor om nie vir die polisie bang te wees nie, maar om hulle vertrou en vir hulle lief te wees," berig Botha.
'Ons bring jou die nuutste Groot Brakrivier, Tuinroete nuus'