MOSSELBAAI NUUS - Die boerderygemeenskap in die Gouritsrivierdistrik kry baie swaar met die huidige droogte.
Die kleinboere van Buisplaas maak staat op die kosbare waterbron van die Gouritsrivier vir hul bestaansboerdery, maar weens die droogte, ly hulle diere.
Die kleinboere het 'n voerskenking van die proefplaas op George ontvang en die skenking, asook die goeie reën die afgelope week het groot verligting gebring.
Die voer is deur Transand vanaf George na Buisplaas vervoer. Die kleinboere bedank opreg menere Willie en Charles Robertson van Transand.
Die voer is deur Transand vanaf George na Buisplaas vervoer. Die kleinboere bedank opreg menere Willie en Charles Robertson van Transand.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'