MOSSELBAAI NUUS - Die Tuinroete DBV (GRSPCA) het onlangs hul 21ste verjaardag gevier. Ook by die Mosselbaai-tak van die DBV is die verjaarsdag behoorlik met personeel, genooide gaste en ander belangrike afgevaardigdes gevier.
Daar was al die noodsaaklikhede soos musiek, toesprake, ongelooflike skenkings en bedankings.
Die hoogtepunt was egter die sny van die besonderse koek en die pragtige eetgoed wat aangebied is.
Die Klein-Brakrivier VLV-tak het die eetgoed gekoördineer en oorhandig.
Die koek is deur Edna Myburgh (Cake Petal) gemaak en geskenk. Die spesiale dieretema soetgoed en verskeidenheid eetgoed is deur besonderse kreatiewe bakkers Marti du Plessis (Cake o' Clock), Amanda Diamond, Isabel Boshoff, Auberine Leonard (Cakes 4 U Home Baking) en Mari Pienaar gemaak. Yané Greef het die besonderse hondekoekies gemaak.
Die VLV-tak het ook hondekombersies geskenk en is trots om deel van hierdie heerlike geleentheid van ‘n noodsaaklike organisasie te kon wees.
Van die pragtige kolwyntjies:
Michelle Bomman Durant van die DBV met die hondekombersies wat geskenk is.
Gerda Breynders, takbestuurder van GRSPCA met die hondebeskuitjies wat deur Yané Greef gebak is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'