MOSSELBAAI NUUS - Kindersorg Mosselbaai is op soek na die volgende persone:
- Die biologiese pa van 'n negejarige meisie. Die biologiese moeder, Sesi Cynthia Mqhele is oorlede op 9 November 2015. Enigiemand met inligting aangaande die biologiese vader, kontak me Ntabeni (044 693 4764).
- Die biologiese ouers van 'n negejarige seuntjie. Die biologiese moeder se naam is Ute Daniel Apdol en die biologiese vader is Mogamat Shafiek Arnolds. Indien iemand weet waar hulle hulself bevind, kontak me S Cunningham (044 693 4764).
- Die biologiese vaders van 'n sesjarige, asook 'n 11-jarige meisie en 'n agtjarige seuntjie.
- Die biologiese moeder Jo-Ann Daleen Saayman is oorlede op 25 April 2018. Indien iemand weet waar hulle hulself bevind, kontak me S Cunningham (044 693 4764).
- Die biologiese vader, Elmir Saayman van 'n 12-jarige meisie. Die biologiese moeder Esmèrelda Amsterdam is oorlede op 22 April 2011. Indien iemand weet waar hy homself bevind, kontak me S Cunningham (044 693 4764).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'