Zorgfontein is 'n afdeling van die Botlierskop privaat natuurreservaat. Die kinders het die ses-maande oue leeu Kesha van nader leer ken en kon, as deel van die opvoedkundige program ook met die vyf-jarige olifant, Chima, kennis maak. Die kinders wat braaf genoeg was, het die geleentheid gekry om aan Kesha te vat en kon vir Chima kos voer.
"Dit is deel van ons jaarlikse liefdadigheidsprojek vir die gemeenskap," sê Francina Terblanche, die algemene bestuurder van Botlierskop. Nog skole gaan die reservaat volgende week besoek.
Zorgfontein bied daagliks stapsessies met leeus aan, waar besoekers saam met opgeleide gidse en die leeus in die reservaat kan stap. Bespreek jou leeustap by 044 696 6055.

Die kinders van Pinnachio skool kyk nuuskierig na Kesha die leeutjie. Foto: Arne Muller
ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS