Update
MOSSELBAAI NUUS - 'n 25-jarige man wat van die besit van kinderpornografie aangekla word en wie se borg voorheen geweier is, verskyn vandag weer in die Mosselbaai-landdroshof.
Borgtog is tydens 'n vorige verskyning aan die verdagte geweier en hy bly in aahouding vir die tydperk van die verhoor.
Die verdagte het nog nie op die aanklagte teen hom gepleit nie en sy naam mag nog nie bekend gemaak word tot hy gepleit het nie.
Die verdagte is op 2 Februarie in Da Nova by die woning wat hy met sy ouers deel deur polisiebeamptes van die Mosselbaai se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe in hegtenis geneem.
Ongeveer 48 eksplisiete foto's van kinderpornografie, wat meestal dade met kleutermeisies wys, is op sy selfoon gevind is. Ondersoekbeampte, kapt Franco Bestbier het in die hof getuig hy kon slegs na drie van die foto's kyk, omdat dit volgens hom so skokkend was.
Die staat het 'n aantal toestelle, wat altesaam meer as 1,2 miljoen foto's op het, van die verdagte gekonfiskeer.
'n Streekhofdatum sal na verwagting vandag bepaal word.
Vorige artikels:
- 'Alles kan deesdae aanlyn bestel en afgelewer word, kinders insluitend'
- Kinderpornografie 'uitsonderlik grusaam'
- 1,2 miljoen foto's op kinderporno verdagte se toestelle moet nagegaan word
- Kinderpornografie: 2 aparte sake in die hof
- Kinderporno-verdagte staar reeds 44 aanklagte in die gesig
- Mosselbaaier vas in Internasionale Kinderporno-ondersoek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’