MOSSELBAAI NUUS - Op 16 Desember het 'n groepie kinders uit die gemeenskap nie net met die vreugde van Kerspakkies te doene gekry nie, maar ook die wonder van die Kersverhaal.
Pastoor Zaida Swart het uitgereik na 'n plaaslike kleuterskool en Kersgeskenkies aan hulle geskenk. Die 80 kinders het iets te ete, asook inkleurboeke en vetkryt ontvang.
'n Kersspel is tydens die geleentheid opgevoer met Kelly Ann Gurrah die rol van Maria, terwyl Sanjay Afrika, Josef vertolk het.
"Die verhaal van Kersfees het 'n mens weer herinner dat 'n Seun vir ons gebore is. Christus is ons Hoop." sê Swart.
Sy bedank al die borge wat die geleentheid moontlik gemaak het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'