MOSSELBAAI NUUS - Die Heiderand Checkers se Checkers Sixty 60 motorfietse is al vir 'n geruime tyd in Mosselbaai en omgewing bedrywig.
Vandag egter is daar egter Checkers Sixty 60 motorfietsryers op die paaie gewaar met rooi kersvaderklere aan.
Dit is aangesien Checkers in die Bayside sentrum hul Sixty 60 vandag loods.
Hul het inisiatief aan die dag gelê en elke bestuurder lyk soos 'n kersvader behalwe dat hul 'n valhelm dra en nie 'n klosmussie nie.
'n Paar van die motorfietsryers van die Checkers by Bayside sentrum op die dorp wat vandag hulle Sixty 60 program loods. Foto's: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'