Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Hordes kinders het van vroeg af op Vrydag, 14 Desember begin vergader voor 'n huis 'n Mooneystraat waar Kersvader hulle later die dag sou ontmoet.
Dit is die huis van raadslid Niklaas Booisen, wat vir die afgelope 10 jaar, jaarliks vir die kinders van die buurt en omliggende woongebiede, Kerspakkies uitdeel.
Kersliedjies is gesing in aanloop tot die uitdelery.
Daar het groot opgewondenheid onder die kleingoed geheers, maar met die hulp van 'n paar volwassenes is hulle gou in rye georden waarna Kersvader sy verskyning onder luide toejuiging gemaak het.
Vanjaar is ongeveer 700 pakkies opgemaak, aldus raadslid Booisen. "Die partytjie groei elke jaar. Ek is dankbaar dat die kinders so iets kan beleef."
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'