MOSSELBAAI NUUS - Kersvader het vanjaar ‘n draai by die ACVV Kenani Sentrum gemaak.
Dié sentrum het ‘n Kerspartytjie vir mense met gestremdhede wat daagliks by hul huise opgelaai word, op Woensdag, 4 Desember, aangebied.
En daar is nie teruggehou nie. Die dag het ‘n pragtige kersboom en ‘n werklike Kersvader ingesluit, wat met ‘n groot sak geskenke opgedaag het.
Ron en Veronica Briant het as Kersvader en -moeder opgetree en die groep verras met geskenke tot almal se vreugde.
Marie en Brenda de Klerk het saam met Mariana Lategan (bestuurder van Kenani), ook in die pret en groot kuier gedeel.
Brenda de Klerk is reeds vir twee jaar ‘n vrywilliger by die sentrum, en bring gereeld iets vir die inwoners om te geniet waarvan die mees onlangse ‘n televisiestel ingesluit het.
Vir die partytjie, het sy ‘n koek gebring. “Hulle kyk uit vir mekaar,” het Brenda van die mense met gestremdhede vertel.
“Daar is altyd ‘n spasie oop vir iemand langs hulle,” sê sy.
Voordat die feestelikhede begin het, is ‘n inspirerende kerkdiens gelewer.
Kersvader (Ron Briant) het ‘n draai by die sentrum gemaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’