REEBOK NUUS - Op Donderdag, 21 Maart om 10:00 is dit weer sulke tyd wanneer die NG Kerk Reebok sy jaarlikse kermis hou.
"Ons het alle rede om te glo dat ons kermis weer aan die verwagtinge sal voldoen, nie alleen omdat ons steun op dit wat ons van die voorgeslagte geleer het nie, maar van die nuwer konsepte by die kermis word baie goed ondersteun. Kom kyk self en beleef die verrassings."
Al die tradisionele tafels soos pannekoek, kerrie en rys, hand- en naaldwerk, kindertafel, gebak, brode en beskuit, boeketafel en vele meer is daar.
Ook is daar vars vleis, potjiekos, braaivleis, vars groente en 'n plaaskombuis. Om al die die stalletjies te akkommodeer, word gebruik gemaak van bykomende tente. "Dit verseker 'n lekker straatkuieratmosfeer. Bring ook vir Oupa, Ouma en die kinders almal saam kermis toe. Ons kyk uit vir julle."
Vleisdag
Soos verlede jaar word die vleisverkope afsonderlik van die kermis gehou. Hierdie vleisverkope geskied om 10:00 op Saterdag, 23 Maart.
"Kom loer gerus by die gemeentesentrum op die hoek van Impala- en De Jagerstraat in. Parkering is volop."
Daar sal reeds vanaf 09:00 'n ligte ontbyt en koffie/tee beskikbaar wees.
'Ons bring jou die nuutste Reebok, Tuinroete nuus'