MOSSELBAAI NUUS - Die NG Kerk Outeniqualand in die omgewing van Sinksabrug naby Groot-Brakrivier, spog weer met 'n werkende horlosie nadat dit vir jare nie geloop het nie.
Die kerkgebou is verlede jaar uitgeverf en lidmate het toe versoek dat die horlosie herstel word.
Volgens die tegnikus wat die horlosie reggemaak het, is die stang wat die wysers van die ou horlosie aangedryf het, ontkoppel, en aan 'n nuwe elektriese stappermotor met 'n ratkas gekoppel.
Die ratkas is só ontwerp dat die as teen die korrekte spoed draai. Die stappermotor en beheerbaan werk van 'n 12 Volt-battery, sodat kragonderbrekings nie die horlosie beïnvloed nie. Die battery word gelaai wanneer 220 V-krag wel aan is.
Volgens 'n lidmaat van die gemeente is hulle baie dankbaar dat die horlosie nou weer werk. "Dit was nie lekker om by ons kerk verby te ry en te sien dat die horlosie staan nie. Nou is daar weer lewe!"
Die NG Kerk Outeniqualand se horlosie hou nou weer tyd.
Die NG Kerk Outeniqualand se horlosie in die pragtige omgewing met 'n hommeltuig afgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'