MOSSELBAAI NUUS - Die gemeente van die St Peter's kerk in Marshstraat, Mosselbaai, het Saterdag, 1 Julie, 'n geslaagde potjiekoskompetisie gehou.
Verskeie gemeentelede het hulle beste potjie vernuf ten toon gestel en 'n verskeidenheid potjiekosgeregte is aan die gemeente en ondersteuners voorgesit.
FOTOGALERY: 'n Geslaagde potjiekoskompetisie
Die beoordeelaar, Sharlton Groenewald het 'n moeilike taak gehad om die wenpotte te beoordeel. Die uiteindelike wenner was Lee Wildemans met sy seekospotjie met Deon Prinsloo wat 'n waardige tweede plek met sy afvalpotjie verower het.
Vader Roger Muller (wit hemp) en een van die kapelvoogde, Deon Prinsloo.
Wenner van die kompetisie, Lee Wildemans en Sharlton Groenewald. Foto's: Deon Prinsloo en Sharlton Groenewald
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'