MOSSELBAAI NUUS - Die Sondagskool en jeug van St Peters Anglikaanse kerk het voor die afgelope Sondag se oggenddiens, 'n plakkaatoptog voor die kerk gehou en daarna tot by Die Punt gestap om hulle ondersteuning vir die 16 dae vir aktivisme teen geweld teen vroue en kinders te wys.
By dié diens het die 94-jarige Joan Graham die Advent-kers aangesteek.
Vader Roger Muller het ook sy ondersteuning aan die veldtog toegesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus.’